Sunday 29 September 2013

If you speak your mind, mind what you speak

Ok..

Kyk ne. Ekt geen probleem met mense wat hulle opinie lug nie. Glad nie. Inteendeel is ek een van daardie mense. Ek lug (of is dit nou lig?) my opinie gereeld. Meeste van die tyd sonder om te dink. Heel impulsief. Maar.. ek dink tenminste voor ek my opinie lug/lig.

Maar die mense met wie ek wel 'n probleem het, is die wat opinies het oor MY persoonlike lewe en MY persoonlike sake/keuses/omstandighede, en die mense wat absoluut vieslik kan raak met opinie lewering. Raait. Kom ek verduidelik:

As ek iets.. kom ons se.. besluit het, in my lewe, het niemand die reg om 'n negatiewe opinie oor dit te lewer nie. Jy kan se hoe jy daaroor voel maar asseblief hou dit kort. Ek wil nie hoor wat jy sou gedoen het as jy in my skoene sou wees nie. Tensy ek jou vra :"Maatjie, wat sou jy doen as jy ek was?"

As ek 'n spesifieke besluit gemaak het rakende my seuntjie, oeg! Nog erger. Daar sal jy darm die tierwyf in my kom wakker maak. Impulsief (onthou die woord). Ekt my rede hoekom ek hom sekere goed "toelaat" en sekere goed nie. Byvoorbeeld, ek gaan nie sy kosblik vol sweets pak elke dag nie. Hy kan 'n sekere hoeveelheid suiker (of glukose, frukose, whatever) oor naweke kry. So dan is ek maar "boring", ek wed jou nou jy gaan nie sy tandarts- of doktersrekening betaal as sy tande getrek moet word nie. Nog minder gaan jy daar wees as maatjies hom spot oor hy vrot tande het of vet is nie.

En as ek besluit oor watse tema partytjie om vir hom te hou, moenie strooi aan my kom afsmeer of nog erger, vir my BBM nie, en as ek nie jou "advies" wil volg, my reguit slegse nie. Glo my, you dont want to go there.

Watse punt probeer ek nou stel? Jong ek weet nie eintlik nie.

"If you want to speak your mind, mind what you speak"...

Dit se vir my as jy jou sogenoemde opinie wil lewer, doen dit asb smaakvol en taktvol. En moenie persoonlik raak nie. Ten alle koste. Ek weet mense kry mense wat 'n ding se net soos dit en dis fine met my, ja ek is ook soms so, maar hou dalk net in die agterkop dat party van ons dalk net 'n bietjie gevoelens in ons binneste het. (Meer daaroor later, ek sal nie nou kom persoonlik raak nie), maar mens kan iets se sonder om ons egos daarin los te laat en dit misluk te laat klink.

Onthou, "if you want to speak your mind, mind what you speak.

(Kan jou belowe as ek met jou persoonlik gaan raak, jy absoluut NIKS daarvan gaan hou nie)